Meulmaker, Dieselwerktuigkunde, Elektries, Pas en Draai, Gereedskapmaker, Sweis
Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.
Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik. Jou suksesstorie begin hier!
Sol-Tech se studente is outomaties meer indiensneembaar aangesien hulle deeglik in nuwe kennis en vaardighede opgelei is. Sol-Tech se goed opgeleide studente dra verder by om die tekort aan goed gekwalifiseerde ambagslui en IT-spesialiste te vul. Die kollege lei jaarliks ’n groot aantal vakleerlinge vir verskeie industrieë op.
Sedert 2023 bied Sol-Tech IT-kwalifikasies aan en verseker so dat nog meer jongmense indiensneembaar word.
Buiten gehalte-opleiding, is die persoonlike ontwikkeling van studente vir Sol-Tech ook ’n prioriteit, daarom word eerstejaarskampe, wat op persoonlike en leierskapontwikkeling gerig is, vir studente aangebied. Die unieke studentelewe verseker dat lewenslange vriendskappe gebou word.
Sol-Tech bied formele opleiding in die volgende ambaggergigte studierigtings aan: Elektrisiën, Meulmaker, Dieselwerktuigkundige, Passer-en-draaier, Sweiser, Gereedskapmaker, Megatroniese tegnikus en Outo-elektrisiën. IT-kwalifikasies sluit die volgende in: Data- en wolkspesialis, Kubersekuriteit en IT-ondersteuning- en -netwerkspesialis.