Diploma Gr R-onderrig; BEd in Grondslagfase-onderrig; BEd in Intermediere Fase onderrig; BEd in Senior Fase en VOO-onderrig en NGOS
Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) is ʼn Christelik private hoëronderwysinstelling wat roepingsgedrewe studente oplei om die onderwysprofessie met kundigheid te betree. Die onderwyslandskap in Suid-Afrika is dinamies met heelwat uitdagings en ʼn groot tekort aan onderwysers. Aros wil graag studente toerus om ʼn verskil in die onderwyslandskap te maak.
Aros se kampus is in Waverley te Pretoria geleë. Daar is ongeveer 1200 studente wat klas draf en ʼn unieke studentelewe geniet. Hier gaan jy vriende maak, kollegas ontmoet en hard werk!
Aros maak van ‘n gemengde onderrigmodel gebruik. Kontaksessies vir die Diploma; Grondslagfase en Indermediere fase studente (verpligtend) word aangebied op Vrydae of Saterdae, afhangende van die student se voorkeur. die BEd Senior fase en VOO-onderrig studente se kontaksessies vind plaas op ‘n Dinsdag of ‘n Woensdag en die NGOS studente maak gebruik van die aanlynprogram. Deur die week vind skakeling deur middel van ‘n e-Leerplatform plaas. Hierdie platform staan as e-Klas, bekend. Die afgelope jare het gewys dat Aros-studente gedurende hulle studies ontwikkel tot selfstandige studente wat puik in die onderwysomgewing funksioneer.
Met die akkreditasie en registrasie van Aros op 23 Januarie 2012 as private instelling wat BEd in Grondslagfase Onderrig aanbied, is ‘n nuwe en dinamiese era betree. Die akkreditasie van die Diploma in Graad R-onderrig in 2015 en BEd in Intermediêre Fase- onderrig in 2016 het vinnig gevolg. Vanaf 2021 word die BEd in Senior fase en VOO-onderrig, sowel as ‘n NGOS met drie spesialiseringsrigtings aangebied.
Al die Aros kursusse is geskoei op die patroon van die nuutste besinning en nadenke oor onderwysopleiding in Suid-Afrika. In hierdie opsig beskik Aros dus oor ‘n nuwe en eietydse program.
Aros is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ‘n private hoëronderwysinstelling geregistreer kragtens die Wet op Hoër Onderwys, 1997. Registrasieno: 2012/HE08/001.